34 on Mossel River

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

34 on Mossel River is 'n gerieflike en keurige selfsorghuis in Kraaiwater, Hermanus. Dié huis is smaakvol versier en het slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 'n sonnige dek met see-uitsigte en 'n balkon met berg-uitsigte.

Die huis het 6 slaapkamers en 'n ekstra slaapkamer vir 'n werker wat op aanvraag beskikbaar is. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -onthaalarea, 'n braai-area buite en 'n eetplek binne en buite. Op die boonste verdieping is die volledig toegeruste kombuis en onder is daar nog 'n basiese kombuis, 'n waskamer en 'n kombuisie. Kombuisgeriewe sluit 'n elektriese oond, 'n ketel en broodrooster, 'n skottelgoedwasser, 'n yskas en basiese skoonmaakmiddels. Die huis het ook sekere DStv-kanale, 'n kaggel, boeke en badkamerprodukte. Sitplek is binne en buite beskikbaar, en daar is ook 'n braai-area buite.

Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed, 'n aantrekkamer, toegang tot die balkon en 'n gedeelde, volledige badkamer. Die tweede slaapkamer op die boonste verdieping het ook 'n koninggrootte-bed, toegang tot 'n gedeelde, volledige badkamer en bied tuin- en berg-uitsigte. Die derde slaapkamer is onder en het 'n koninggrootte-bed en direkte toegang tot die tuin. Dié slaapkamer deel 'n badkamer wat 'n stort en 'n bad het met die vierde slaapkamer. Die vierde slaapkamer is onder en beskik oor 4 enkelbeddens en 'n TV wat dit perfek maak vir kinders.

Die vyfde en sesde slaapkamers is in die tuinkothuis geleë. Dié slaapkamers deel 'n volledige badkamer en bied toegang tot 'n onderdak-stoep. Die vyfde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die sesde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Op aanvraag is daar 'n ekstra slaapkamer vir 'n werker wat op die onderste verdieping geleë is. Dié kamer het 'n koninggrootte-bed, 1 enkelbed en 'n badkamer met 'n bad. Dit lei ook na die onderste kombuis en waskamer.

Gaste kan op die bergpaadjies voor die huis tot by Skulpiesbaai of Langbaaistrand stap of 'n entjie ry tot in sentraal Hermanus. Die huis is sowat 120 km vanaf Kaapstad.

Slaapplek

'n Bespreking by 34 on Mossel River sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 7 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 34 On Mossel River gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 640 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false