Hartenbos Akkommodasie by 35 De Branders | LekkeSlaap
+32

35 De Branders

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraal-laan, De Branders, Hartenbos, 2650, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

35 De Branders is in 'n kompleks wat reg teenaan die see in Hartenbos geleë is, 'n klein vakansieoord tussen George en Mosselbaai in die Wes-Kaap. Hartenbos spog met verskeie Blouvlagstrande, 'n seefrontwaterpark, verskeie doendinge, en geleenthede om walvisse en dolfyne te besigtig. Dit is die ideale vakansiedorp vir paartjies, gesinne en afgetredenes.

Dié woonstel is 'n simpleks-eenheid op die middelste verdieping met aangewese veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig op dieselfde vlak, asook verskeie aangewese plekke vir sleepwaentjies indien beskikbaar. Die eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en dit beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Elke slaapkamer hetsy eie badkamer met 'n stort, of 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, broodrooster, ketel en kookgerei. Die leefarea het 'n TV met volle DStv en lei na 'n patio met braaigeriewe en 'n eetarea. Die patio bied lieflike, onbeperkte see- en strand-uitsigte.

Daar is ook 'n swembad in die kompleks en nabygeleë doendinge sluit wandel langs die see, visvang, bootry, duik, snorkel, swem, voetslaan, abseil en valskermsweef in.

Neem asb. kennis dat geen diere toegelaat word nie en dat daar asb. ten alle tye by die reëls van die kompleks gehou moet word.

Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Slaapplek

’n Bespreking by 35 De Branders sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed Kinderbank vir 2
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 11 resensies vir 35 De Branders
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Paardekraal-laan, De Branders, Hartenbos, 2650, Wes-Kaap
  • Gaste dink 35 De Branders het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paardekraal-laan, De Branders, Hartenbos, 2650, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAS8eQOdSLkFjVCdNdrgqF3QNaFsrrvVCDAOXyoA8D9DsVqLPhXG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 850  per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 Paardekraal Avenue De Branders 2650 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.124120537831 22.119708635582
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za