[email protected] in Pringle Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

[email protected] is 'n lieflike, ruim gesinshuis in 'n stil straat, slegs 200 meter van die hoofstrand in Pringlebaai af. Ons is ook na aan die plaaslike restaurante en winkels geleë.

Die huis het 5 slaapkamers en 4 badkamers en 12 mense kan gemaklik hier bly. Op die onderste vloer is daar 4 slaapkamers - 1 koninggrootte-bed , 1 koningingrootte-bed en 6 enkelbeddens. Daar is ook 3 badkamers en 'n woonkamer met gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv.

Die beddens het onoorgetrekte duvets en kussings. Gaste het 'n keuse om hul eie bedlinne en handdoeke saam te bring, of dit kan voorsien word teen 'n addisionele bedrag – vooraf betaalbaar aan die eienaar of aangewese verhuringsagent.

Die boonste verdieping het 'n oopplan-uitleg met 'n kaggel, leeshoekie, eetkamer en 'n kombuis. Dié vertrek lei na die stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n draagbare braai. Die stoep bied 'n pragtige see- en berguitsig. Die kombuis is toegerus met 'n elektriese oond en vierplaatgasstoof, 'n yskas-vrieskas, wynyskas, 'n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, ketel, broodrooster, breekware, eetgerei en ander kooktoebehore. Die hoofslaapkamer, ook op die boonste vloer, het 'n koninggrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer.

Daar is ook 'n wenteltrap wat lei na die speelkamer wat toegerus is met 'n veerpyltjiebord, tuimeldroër, toilet en stort. Let wel: daar is nie 'n wasmasjien nie. Dié vertrek lei na 'n stoep met 'n pizza-oond en 'n dek, ook met 'n berg- en see-uitsig.

Die huis is nie juis kleuter-vriendelik nie. Geen troeteldiere of rook word toegelaat in die huis nie.

Daar is nie 'n motorhuis beskikbaar nie.

Slaapplek

'n Bespreking by [email protected] in Pringle Bay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelslaapbank

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na [email protected] In Pringle Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 990 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false