15% af Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Mei 2020 tot 30 Jun 2020.
Wavecrest Akkommodasie by 38 Bushwillow | LekkeSlaap
+18
+18

38 Bushwillow

8 resensies
Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 15% af
  • Vanaf R3 900 per nag (plek vir 16)
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushwillowstraat 38 , Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

38 Bushwillow is in die gewilde branderplankrydorp Jeffreysbaai geleë. Dis net 500 m van die strand af met ongelooflike see-uitsigte. Jeffreysbaai staan bekend vir sy branderplankryplekke en bied van die lekkerste branders in die wêreld. Dié dorp het ontwikkel tot 'n gewilde toeriste-bestemming met Blouvlagstrande, pragtige skulpe op die strand en smullekker seekos.

38 Bushwillow is 'n selfsorghuis en beskik oor 5 slaapkamers. Die huis het slaapplek vir 16 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en lei na 'n patio met see-uitsigte. Die tweede en derde slaapkamers het beide koningingrootte-beddens en deel 'n volle badkamer met 'n stort. Die vierde en vyfde slaapkamers is in die solderkamer geleë en deel 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Albei slaapkamers beskik oor balkonne en die vierde slaapkamer bied 'n volle see-uitsig.

Die ruim leefarea maak oop op 'n patio en bevat ook 'n kroeg met 'n yskas, 'n TV met DStv, 'n ontbythoekie en binnebraaigeriewe. Buiten die binnenshuise braai is daar ook 'n Weber en 'n braai op die balkon. Die oopplan-kombuis grens aan die leefarea en is toegerus met 'n gasstoof, 'n oond, dubbeldeur-yskas met 'n vrieskas, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Vir jou veiligheid het die huis 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure wat toegang bied tot die hoofhuis en veiligheidshekke.

Jeffreysbaai is minder as 'n uur van Port Elizabeth af. Die nabygeleë Kabeljousrivier-, Seekoeirivier- en Kromriviermondings is die tuiste van talle watervoëls, en dis ook die ideale plek vir watersport, kanovaart en visvang.

Slaapplek

’n Bespreking by 38 Bushwillow sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed
Slaapsaalbed
Slaapkamer 5
Plek vir 6 persone
6 xSlaapsaalbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 8 resensies vir 38 Bushwillow
Netheid
4.1/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Bushwillowstraat 38 , Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink 38 Bushwillow het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 16)
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 16)
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 16)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushwillowstraat 38 , Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFhMGI0OWU2LWY5ZGUtNGQ2MS1hODdjLTVmNGZkZDY2NjI5Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 900  per nag (plek vir 16) 8 5 1 5 38 Bushwillow Street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.015815 24.924307
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za