39 Dixon Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié groot huis het 5 slaapkamers en is bo in Dixonstraat geleë in De Waterkant, Kaapstad en is ideaal vir groot gesinne of ’n groep vriende.

Die terras lei jou na die oopplan-grondvloer, 'n groot onthaalarea met Franse deure wat na die leefarea lei. Daar is 'n kaggel, groot eetkamertafel en 'n volledig toegeruste kombuis. Al die slaapkamers het lugversorging en en suite-badkamers. Daar is 2 slaapkamers op die grondvloer wat lei na 1 groot, privaat binnehof met hoë mure. Een van die slaapkamers het 'n oopplan-badkamer met 'n vrystaande bad.

Die metaaltrap is aan die buitekant en verbind die balkonne van die 3 kamers op die eerste verdieping met mekaar. Daar is dan nog 'n stel trappe wat na die dakterras lei. Die groot hoofslaapkamers op die eerste verdieping strek oor die breedte van die perseel met 'n oopplan-stort en aparte toilet. Franse deure maak op die lang balkon oop wat oor die binnehof, die stad en Tafelberg uitkyk.

Daar is nog 'n kamer op die eerste verdieping aan die voorkant van die huis en strek oor die breedte van die perseel met Franse vensters wat oor die dorp uitkyk. Die reuse dakterras spog met 'n 360º-uitsig van Tafelberg, die stad en dorp. Daar is lieflike sitarea met sonstoele en 'n Jacuzzi vir 6 tot 8 mense. Dit is die perfekte plek om te ontspan saam met die hele gesin.

Wifi is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar. Die woonstel word daagliks, behalwe op vakansiedae, skoongemaak.

De Waterkant Village is naby talle besienswaardighede in Kaapstad. Dis stapafstand van die V&A Waterfront, Groentemarkplein en KIKS af. Tafelberg, Kampsbaai en talle Wynlande is net 'n kort rit ver. The Village Cafe is 'n lekker ontbytplek reg langs 39 Dixon Street. Cape Quarter is die naaste winkelsentrum en is slegs 3 minute se stap ver.

Slaapplek

'n Bespreking by 39 Dixon Street sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 39 Dixon Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 160 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za