Struisbaai Akkommodasie by 39 Marine Drive Rondavel | LekkeSlaap
+14

39 Marine Drive Rondavel

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan 39, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

39 Marine Drive Rondavel is 'n selfsorg-rondawel agter die eienaar se huis met 'n pragtige see-uitsig. Die rondawel is ideaal vir paartjies of gesinne met kindertjies. Die rondawel se splinternuwe fasade verleen aan sy argitektuur 'n tikkie postmoderniteit. Nogtans skep die binnekant 'n luilekker vakansie-gevoel met eenvoudige dog gemaklike meubels.

Die rondawel het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n oopplan-eetarea en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel en alle nodige toebehore. Die ruim sentrale leefarea het 'n stapelbed vir kinders, 'n Jetmaster-kaggel en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Jy kan kan dus jou eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Buite is daar voldoende privaatheid van die hoofhuis. Die rondawel het sy eie braai-area en 'n groot skaduboom. Maak sommer 'n bottel Chardonnay oop of slenter oor die straat vir 'n skemerkelkie op die strand.

Slaapplek

’n Bespreking by 39 Marine Drive Rondavel sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Marine-rylaan 39, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan 39, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA2ZDAxZDE1LWI2ZWUtNDYyYy1hNmU1LWFiMmJmNDhkMTIwNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) 39 Marine Drive Struisbaai 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.812606 20.051914
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za