Piesangvallei Akkommodasie by 4 Mustique | LekkeSlaap
+15

4 Mustique

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Riverclub, Piesangvalleipad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

4 Mustique is 'n selfsorgwoonstel in Riverclub, 'n baie gewilde, gesinsvriendelike en veilige sekuriteitskompleks aan die oewer van die Piesangrivier, net 'n entjie van Beacon Isle en Plettenbergbaai se Blouvlagstrande af. Dit bied puik sportgeriewe wat 'n swembad, tennisbane en muurbalbane insluit.

Die woonstel is pragtige versier en het ’n strand-tema. Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en 'n gesinsbadkamer met 'n stort-oor-bad. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Die woonstel het 'n uitsig oor die klein swembad wat eksklusief vir Mustique-gaste is en wat net oorkant die groot swembad en tennisbane is. Daar is ook 'n motorhuis vir jou kar en 'n wasmasjien en tuimeldroër in die motorhuis.

Ekstra's sluit 2 gemaklike sonstoele op die stoep, braaigeriewe en 'n groot tafel met stoele vir buitelug-etes in.

Slaapplek

’n Bespreking by 4 Mustique sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Riverclub, Piesangvalleipad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Riverclub, Piesangvalleipad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPzvZtIJzvQiPHOHYFq3L9cOZUDMQG5clQbuI7dVGuRGnGd3BQi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 6 persone) Riverclub Piesang Valley Road 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -34.061312549718 23.369121507271
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za