4 on 4th Arniston

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4 on 4th Arniston is 'n gerieflike huis vir 10 gaste in Arniston.

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers en 4 badkamers. Beddegoed word voorsien. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Die boonste verdieping het 'n leefarea, 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die ander 3 kamers is onder en lei na die braai-area. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het 'n dubbelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Daar is nog 'n vertrek buite die huis met 2 enkelbeddens.

Die kombuis het 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank. Daar is 'n etenstafel vir 8 gaste en 'n gerieflike sitkamer. Dié vertrek lei na 'n houtbalkon. 'n TV met DStv-Gastehuispakket is beskikbaar. Rook is verbode in die huis.

Die balkon het areas waar gaste kan sit en die uitsig kan geniet en daar is braaigeriewe buite. Parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar. Die huis word skoongemaak elke dag en het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie. Ongelukkig laat ons nie troeteldiere toe nie. Let daarop dat alle dele van die huis slegs met trappe bereikbaar is.

Arniston is bekend vir sy mooi sterre aande, aangesien die dorpie nie straatligte het nie. Die strande is spierwit en het rotspoeletjies waar kinders skulpies kan soek. Gaste kan snorkel of duik in die warm see (tot 23° in die somer). Ander doendinge sluit piekniek, stap langs die strand tot by die heining aan die linkerkant of baken aan die regterkant, asook visvang en -braai in. Daar verskeie gedenkbankies op pad na die baken met 'n uitsig oor die blou see. Gaste kan ook vars vis by die hawe koop. September is ideaal vir walviskyk!

Slaapplek

'n Bespreking by 4 on 4th Arniston sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 On 4th Arniston gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 216 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false