4 On Arum

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4 On Arum is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis wat in Vredehoek geleë is. Dis ideaal vir 5 gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie geriewe en besienswaardighede in die middestad.

Dié huis is smaakvol versier en het lugversorging, 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n enkelbed. Die badkamers het 'n bad of 'n stort. Die kombuis is goed toegerus en het 'n gasstoof met 'n oond, mikrogolf, 'n yskas en ander toebehore.

Daar is 'n sitkamer met gemaklike sitplek en die leefarea én hoofslaapkamer lei na 'n toegeboude binnehof. Gratis WiFi is op die perseel beskikbaar en daar is draagbare braaigeriewe om in die binnehof se tuin te gebruik. Klein troeteldiere met goeie maniere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Veilige parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en die huis het 'n knoppiestelsel wat aan 'n gewapende reaksie-eenheid gekoppel is. 4 On Arum is ideaal geleë naby verskeie restaurante, winkelsentrums, kroeë en sakegeriewe.

Dit is ook net 'n entjie se ry van Groenpunt en Clifton en Kampsbaai se strande af.

Slaapplek

'n Bespreking by 4 On Arum sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 On Arum gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R975 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za