4 On Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 23 Junie 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

4 On Beach is in Kusweg in Melkbosstrand geleë, stapafstand van die strand, winkels, restaurante en openbare vervoer. Die eenheid is op die eerste verdieping en bied ruim, rustige selfsorgverblyf. Die eenheid kan as ’n geheel bespreek word, of die kamers kan apart bespreek word.

Verblyf word in 3 slaapkamers gebied en daar is 3 badkamers, ’n oopplan-kombuis en -eetarea met ’n ingeboude braai, en ’n sitarea met asemrowende see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed, ingeboude kas, lessenaar en bababed. Daar is ook ’n sitarea met tee- en koffiemaakgeriewe en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.

Die tweede kamer het ’n dubbelbed, ingeboude kaste, lessenaar, stoele, bababedjie, en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet, wasbak en terapiebad. Daar is 2 enkelbeddens in die derde kamer en stoele. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis het 'n ontbytkroeg, en is toegerus met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser en wasmasjien. Die oopplan-kombuis lei na ’n eetarea met binnebraaigeriewe. Daar is ’n TV en sitplek vir 8 gaste in die sitarea, en ’n kas met bordspeletjies. Daar is ’n kuier- en rookarea buite.

Die verblyf is ideaal vir paartjies, gesinne, ’n groep vriende, watersport-entoesiaste, toeriste of sakereisigers. Die ligging bied toegang tot van Melkbosstrand se gewildste restaurante. Die woonstel is stapafstand van die strand af, wat ideaal is vir branderplankry, vlieërbranderry, staanroei, kajak, gesinne en kinders.

Slaapplek

'n Bespreking by 4 On Beach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Mandjie met Peuselhappies
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 On Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 R1 330 per nag (plek vir 6)

Kry 30% af vir verblyf voor 23 Junie 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za