4 on Belloy

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4 on Belloy bied 'n rustige wegbreekplek langs een van Bloubergstrand se pragtige strande. Dit is ideaal vir groot groepe wat hierdie luisterryke stukkie van Kaapstad wil besoek.

Die boonste vlak van die huis het 3 slaapkamers, 'n leefarea en 'n TV-kamer. En op die onderste vloer is daar nog 2 slaapkamers, 'n gastebadkamer, 'n gerieflike sitkamer, 'n goed toegeruste kombuis, 'n ontbytkamer en 'n eetkamer. Die ruim balkon bied onbelemmerde uitsigte oor die see, Robbeneiland en Tafelberg. Gaste kan stap tot by die strand vir watersport, of net 'n rustige tydjie by die see.

Ontspan lekker op die balkon wanneer jy terugkeer van die strand af, asem die vars lug in en geniet 'n skemerkelkie terwyl jy verstom staan voor die pragtige sonsondergang.

Kenmerke

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet

Dienste

  •  Koordlose Internet

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Kluis

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 On Belloy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 200 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false