4 Seagulls View Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4 Seagulls View Holiday Home is in Scottburgh, 58 km suid van Durban aan die KwaZulu-Natalse Suidkus, geleë. Dié kusdorp spog elke Saterdag, indien die weer dit toelaat, met 'n pragtige klein mark in Williamson-straat. Daar is 'n verskeidenheid restaurante wat wissel van seekos, a la carte, Franse-, Italiaanse-, en Indiese kos.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 3 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 'n slaapbank in die sitarea, so die eenheid het slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met bad en stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die ander 2 badkamers het elkeen 'n stort.

Die ruim kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele. Die eetarea en ontbythoekie het saam genoeg plek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met Premium DStv-kanale.

Daar is 'n veranda op albei verdiepings waar 'n skemerkelkie en wonderlike uitsig geniet kan word. Daar is 'n dubbel-toesluitmotorhuis in die kelder.

'n Verskeidenheid strandspeelgoed en lyfplanke is in die motorhuis beskikbaar indien jy met jong kinders vakansie hou.

Slaapplek

'n Bespreking by 4 Seagulls View Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 Seagulls View Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false