4 The Villas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

4 The Villas is 'n netjiese selfsorgdupleks wat in 'n veilige kompleks in Plettenbergbaai geleë is. Die kompleks is in die Beacon Isle-gebied, sowat 300 m van die strand af. Dis lekker naby aan restaurante, 'n apteek en 'n Kwik Spar.

Dié dupleks het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitkamer. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof en 'n oond in. Die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 gaste. Die sitkamer het 'n TV met DStv.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met stoepmeubel en ketelbraaigeriewe. Daar is 'n tuin met sonstoele. Onderdak parkeerplek is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 4 The Villas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false