Kaapstad Middestad Akkommodasie by 40 on Burg | LekkeSlaap
+47

40 on Burg

  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Burgstraat 40, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

40 on Burg is ’n klein Art Deco-hotel met 6 verdiepings wat uit die 1930's dateer in die hartjie van Kaapstad. Die hotel is ideaal geleë vir dié wat die stad wil verken en dis slegs 650 m van die Groentemarkplein af.

Verblyf word in 8 en suite-hotelkamers gebied wat elk ’n uitsig oor Kaapstad het. Alhoewel die hotel naby die stad se rumoer is, is dit verbasend stil. Daar is digte blindings vir gaste se gerief. Elke kamer het ’n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, katoenlinne, donsige, natuurlike hipo-allergeniese kussings en duvets, ’n sitarea met ’n lessenaar, tee- en koffiemaakgeriewe, TV met verskeie kanale, groot badhanddoeke, wit japonne, komplimentêre toiletware, ’n kluis, lugversorging en ’n haardroër.

Die hotel bied persoonlike diens wat met ouwêreldse gasvryheid geassosieer word. Die vriendelike, ervare span maak seker dat gaste gemaklik en goed versorg voel. Die ligging bied toegang tot restaurante, kafees, besienswaardighede en openbare vervoer. Na ’n besige dag van vergaderings of verkenning kan gaste 'n skemerkelkie by die hotel se kroeg geniet.

40 on Burg bied geriewe soos lughawependeldienste teen ekstra koste, ’n komplimentêre portierdienste en 24 uur-ontvangs, ’n komplimentêre warm en koue kontinentale ontbyt, ’n restaurant, kroeg, wasgoed- en droogskoonmaakdiense, komplimentêre WiFi in openbare areas, telefoondienste teen ’n addisionele koste, kamerdiens, wakkermaak-oproepe en ’n fiksheidsentrum.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Portier
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 4 resensies vir 40 on Burg
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Burgstraat 40, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Gaste dink 40 on Burg het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Burgstraat 40, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsQjpIIjHyiRzVlIgDSao8TUwrcuUSre7MuGqNIt3gxZ4uMsucB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 40 Burg Street Cape Town 8000 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.92303439832 18.419555994046
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za