40 Winks Akkommodasie - Somerset West

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

40 Winks Accommodation (Somerset-Wes) is in die skilderagtige Somerset-Wes geleë, ver van die stad se gejaag af en is die ideale plek vanwaar gaste die Wes-Kaap kan verken en verskeie besienswaardighede kan geniet.

Ons bied B&B- en selfsorgverblyf, en voorafverpakte ontbyt en aandete is ook beskikbaar en kan in jou yskas geplaas word.. Warm ontbyt kan op versoek gemaak word en word na 08:30 bedien gedurende die somer.

Aandete op versoek. Die kothuise is in 2005 gebou en het slaapplek vir 2 tot 4 gaste (2 volwassenes en 2 kinders). Elke kothuis het 'n hoofslaapkamer, en suite-badkamer, oopplan-sitarea en -eetarea, en volledig toegeruste kombuisie. Ons het die Squirrel Cottage (slaapplek vir 2 volwassenes) in November 2013 bygevoeg omdat ons lekker besig geraak het. Daar is veilige parkeerplek op die perseel vir 1 voertuig per eenheid, 'n soutwater-swembad en braaigeriewe in die tuin. Daar is wasgoedgeriewe op die perseel teen ekstra koste beskikbaar, asook WiFi. Indien parkeerplek vir meer as 1 voertuig benodig word, kan spesiale reëlings tydens bespreking getref word.

Hierdie eiendom word omring deur die pragtige Hottentots-Hollandberge, is op die punt van die Wynlande, 20 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, en slegs 7 km vanaf Strand en Gordonsbaai se strande. Ons is naby hospitale en verskeie lieflike gholfbane en ander sportgeriewe. Walviskyk en haaihokduik is ook in die omgewing. Somerset-Wes bied verskeie doendinge en besienswaardighede.

Elke eenheid het veilige parkeerplek agter afstandbeheerde hek (3 parkeerplekke), eie ingang, en gebruik van swembad en braaigeriewe. Kruie en groente kan in die tuin gepluk word indien in seisoen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 40 Winks Akkommodasie - Somerset West gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false