41 on Market Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

41 on Market Lodge is 'n luukse, moderne lodge in Vryburg, wat gerieflike akkommodasie bied vir gesinne, groepe en sakereisigers. Ons streef daarna om jou verblyf so gerieflik en rustig as moontlik te maak. Al die geriewe wat jy nodig het is beskikbaar: lugversorging, veilige parkeerplek, en suite-badkamers, DStv-kanale, daaglikse skoonmaakdienste, 24 uur-ontvangs en dit is stapafstand van die winkels en restaurante af. Ontbyt kan op versoek en teen 'n addisionele koste in die eet-area genuttig word. Die balkon het 'n pragtige uitsig oor die gonsende middedorp.

41 On Market Lodge se konferensielokaal het plek vir 100 mense, is toegerus met al die nodige toerusting en geriewe, en is ideaal vir konferensies, seminare, produkbekendstellings, werkswinkels en vergaderings.

Dit is in die hartjie van die plaasdorpie Vryburg in Noordwes geleë. Vryburg is halfpad tussen Kimberley en Mahikeng op die N14 wat Gauteng met Namibië verbind. Die dorp is ook 'n gewilde oornagplek vir reisigers wat op pad is Botswana toe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Geriewe

  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 41 On Market Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za