Umhlanga Akkommodasie by 41 Sea Lodge | LekkeSlaap
+11

41 Sea Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan, Sea Lodge, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

41 Sea Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel met 'n uitsig oor die see. Die woonstel is in die Sea Lodge-kompleks in Umhlanga.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers maak gebruik van 'n gastebadkamer met 'n bad en 'n toilet. Die hoof- en tweede slaapkamer lei na 'n balkon met lieflike uitsigte.

Die woonstel het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis het 'n toonbank en is met 'n yskas, oond en stoof toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en die woonstel het lugversorging.

Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek in die kompleks en is welkom om van die gemeenskaplike swembad gebruik te maak. Die kompleks bied toegang tot die strand, promenade en Umhlanga Village. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Slaapplek

’n Bespreking by 41 Sea Lodge sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Lagoon-rylaan, Sea Lodge, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan, Sea Lodge, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMUajXzGNXBJL06LofNB93G35XcysRqgnhrdJnbOP92p0E14iMq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 6) 28 Lagoon Drive Sea Lodge 4320 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.721768365232 31.08849217791
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za