423 Breakers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

423 Breakers bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamer-woonstel in die Breakers-oord in Umhlanga. Dié oord bied direkte toegang tot die strand en die promenade.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers,1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en - eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad en 'n toilet. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, en 'n mikrogolf toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met stoele en die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale wat vanuit die oord beheer word. Die woonstel het lugversorging.

Die woonstel word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Daar is kelderparkeerplek vir 1 voertuig. Gaste kan van al die hotelgeriewe gebruik maak alhoewel die woonstel privaat besit word. Die hotelgeriewe sluit 'n gimnasium, internetarea, speelarea vir kinders, 'n salon, putt-putt, 'n restaurant en 3 swembaddens waarvan 1 verhit is in.

Die bekende Umhlanga-promenade is 2,5 km lank en loop van die Breakers-oord tot by die Malindi-kompleks in die suide. Die promenade is die ideale plek om te gaan stap of draf. Dit is ook naby verskeie winkels en restaurante in die area.

Slaapplek

'n Bespreking by 423 Breakers sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 423 Breakers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false