Houtbaai Akkommodasie by 44 The Village | LekkeSlaap
+18

44 The Village

Selfsorg
Blits-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf voor 31 Oktober 2020

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Village 44, Beach-singel, Houtbaai, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 R1 540 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

44 The Village is 'n selfsorgwoonstel in Houtbaai, 'n pragtige kusvoorstad van Kaapstad. Dis net 20 minute se ry vanaf die vernaamste besienswaardighede in die middestad. Houtbaai skuil tussen die helderblou see en asemrowende berge en bied 'n plattelandse atmosfeer met sonderlinge winkeltjies en restaurante.

The Village-woonstelblok is in die hartjie van Houtbaai reg op die strand en word deur talle restaurante en koffiewinkels omring waar jy 'n heerlike ontbyt kan geniet. Jy hoef slegs die straat oor te steek om by die strand uit te kom!

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Dié kamer bied ook toegang tot 'n balkon wat om die woonstel strek. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n ruim balkon met buitemeubels en braaigeriewe. Dit bied 'n pragtige uitsig oor die see, strand en berge. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, 'n groot binnenshuise verhitte swembad vir die gebruik van inwoners en huurders, 'n hysbak, veilige kelderparkeerplek en 'n lieflike atrium met plante.

Slaapplek

’n Bespreking by 44 The Village sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbed vir 1
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbed vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • The Village 44, Beach-singel, Houtbaai, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 200
Vanaf R1 540
per nag (plek vir 4)
was R2 200
Vanaf R1 540
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Village 44, Beach-singel, Houtbaai, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKxZIdp93jOrkehY1fplmpYsAIewUy9nkRehKP8fyVtXWfWV9pT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 200, nou Vanaf R1 540  per nag (plek vir 4) 44 The Village, Beach Crescent Hout Bay 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -34.046363795125 18.359516675255
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za