48 Chesapeake Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

48 Chesapeake Bay is 'n selfsorgwoonstel wat in die hartjie van die Hibiskuskus in Lawrence Rocks, Margate geleë is. Margate is bekend vir pragtige strande, natuurlike woude en subtropiese klimaat - die ideale plek vir 'n somervakansie! Buiten die strande bied Margate ook snorkel- en duikgeleenthede.

Dié woonstel het slaapplek vir 5 en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n lieflike see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelmatras vir 'n kind.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Daar is 'n DStv-koppelpunt, so bring gerus jou eie dekodeerder en slimkaart saam of huur dit in Margate.

Die leefarea en hoofslaapkamer lei na die ruim balkon met 'n gasbraai. Daar is ook veilige onderdakparkeerplek, tennisbaan, swembad, braaigeriewe en speelarea vir kinders. Verder is daar 'n wassery wat met munte werk.

Slaapplek

'n Bespreking by 48 Chesapeake Bay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 48 Chesapeake Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false