488 on Villiers
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Villiers-straat 488, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (vir 6 persone)
Beskrywing
488 on Villiers is ’n groot selfsorghuis in die Swartland in die prentjiemooi Clarens in Oos-Vrystaat.
Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en ’n stort. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en maak gebruik van die badkamer in die gang wat ’n stort het. Die derde slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en ’n stort. Die slaapkamers het elk dubbeldeure wat na die stoep lei.
Die ruim kombuis is met ’n oond, lugbraaier, mikrogolf, ketel, broodrooster, Nespresso-koffiemasjien, yskas-vrieskas, wasmasjien en ’n tuimeldroër toegerus. Die oopplan-leefarea het ’n groot etenstafel, kaggel, lugversorging, ’n verwarmer, radio en ’n TV met DStv. Gratis Wi-Fi is beskikbaar.
Die huis het ’n kantoor, leeshoekie en nog ’n leefarea. Daar is hope boeke, bordspeletjies en kaarte om gaste vir ure te vermaak. Die leefarea het dubbeldeure wat na ’n onderdakstoep met ’n gasbraai, sitarea en etenstafel lei.
Die dubbeldeurmotorhuis werk met ’n afstandbeheer en die huis het ’n alarmstelsel. Daar is ook ’n aparte parkeerplek agter die hek vir ’n derde voertuig, waentjie of ’n boot.
Die tuin is heeltemal omhein, klein troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël word. Daar is ook ’n klimraam met swaaie in die tuin vir kinders.
Slaapplek
’n Bespreking by 488 on Villiers sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Ligging
- Villiers-straat 488, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink 488 on Villiers het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Villiers-straat 488, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom