5 Cerf

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

5 Cerf bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel in 'n opgeknapte kompleks wat stapafstand vanaf Margate se strand en 'n verskeidenheid restaurante is.

Die woonstel is op die eerste verdieping en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n skuifdeur wat toegang bied tot 'n balkom. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer spog met graniettoonbanke en 'n masseerstort.

Die oopplankombuis het 'n ontbyttoonbank met leer stoeltjies. Die kombuis het ook 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër, 'n skottelgoedwasser, yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel en 'n broodrooster. Die oopplan-leefarea het 'n platskerm-TV met DStv (familie-pakket) en 'n DVD-speler. Die sitkamer lei deur skuifdeure na die balkon met gedeeltelike see-uitsigte is.

Gaste het toegang tot veilige skadu-parkeerplek vir 1 voertuig, beperkte gaste-parkeerplek en daar is ook parkeerplek vir sleepwaens agter 'n elektriese hek. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring. Daaglikse skoonmaakdienste is beskikbaar op aanvraag.

Hierdie kompleks spog met die ideale ligging, plonspoel, 'n braai-area en is stapafstand vanaf Margate. In Margate is daar 'n groot verskeidenheid restaurante, wegneemeetplekke, kroeë, nagklubs, visvangplekke en 'n gewilde strand. Al is die woonstel naby aan al hierdie geriewe en doendinge, is dit tog ideaal weg van die besige middedorp geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by 5 Cerf sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 5 Cerf gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false