5 Key Largo

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 16 November 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

5 Key Largo is 'n selfsorgwoonstel op die onderste verdieping in 'n veilige oordstyl-kompleks in Kingsburgh, aan die Suidkus.

Die eenheid het 2 slaapkamers en slaapplek vir 5 gaste. Daar is 'n oopplan-leefarea en -kombuis, asook 'n dubbeltoesluitmotorhuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en kookgerei. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n TV met DStv (Family bouquet), 'n DVD-speler, plafonwaaiers, 'n braai-area, ysmasjien en skottelgoedwasser in. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder saam te bring indien hulle volledige DStv verkies.

Daar is 'n swembad, tennisbaan en wasgoedgeriewe in die kompleks.

Die eenheid word as 'n geheel uitverhuur en kamers kan nie afsonderlik bespreek word nie. Die eenheid word ook bestuur en skoongemaak deur die eienaar wat net 10 minute van die eenheid af woon. Gaste word met in- en uitklok deur die eienaar verwelkom en afgesien.

Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste kan swem, duik, branderplankry en vlieërbranderry in die area.

Let asb. daarop dat die beheerliggaam se reëls ten alle tye gehoorsaam moet word en dat daar onder geen omstandighede meer as 5 gaste, insluitend volwassenes, kinders en babas, toegelaat word nie. Indien die reëls nie nagekom word nie sal uitsetting sonder terugbetaling geskied. Gaste word versoek om ander inwoners in die kompleks in ag te neem.

Slaapplek

'n Bespreking by 5 Key Largo sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 5 Key Largo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R695 R695 per nag (plek vir 5)

Kry 30% af vir verblyf voor 16 November 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za