Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

5 La Mer

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ilovo-kusweg 27, Ilovo-strand, Kingsburgh, 4125, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 695 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Breek weg en beleef die rustigheid van hierdie luukse tweeslaapkamerwoonstel met 2 badkamers en 'n sy-aansig oor die see. 5 La Mer is geleë aan KwaZulu-Natal se tropiese kus, net 30 minute suid van Durban by Illovo Beach. Hierdie stil, ongekunstelde kusdorpie skuur skouers met die Indiese Oseaan se warm water en is bekend vir sy soel weer wat die hele jaar lank duur.

5 La Mer is volledig gemeubileer en geleë op die eerste vloer. Die woonstel het 1 dubbelkamer met 'n en suite-badkamer, 1 kamer met 2 enkelbeddens en 'n ruim oopplan-kombuis/eet/leefkamer. Die hoofslaapkamer en sitkamer het direkte toegang tot 'n groot balkon met 'n 90°-uitsig oor die see en 'n 90°-uitsig oor die land. Die terras is ook toegerus met buitemeubels en 'n gasbraai.

'n Pragtige strand met fyn sand lê aan weerskante van 5 La Mer. Toegang tot die strand is via 'n privaat hek wat net 'n paar minute se stap van die woonstel af is. Die strand is ideaal vir hengelaars, swemmers (daar is haainette) en sonvrate. Die strandmeer by die mond van die Lovurivier is natuurlik ook 'n voëlyk- en kanovaartparadys.

La Mer word baie goed onderhou en beskik oor welige tuine, 'n skitterende swembad, kinderswembad, braaigeriewe en 'n klubhuis. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, onderdakparkeerplek vir 1 motor en baie parkeerplek vir besoekers. Die snelweg langs die kus kan nie gesien of gehoor word nie, maar is net 10 minute se ry van 5 La Mer af, en bied gerieflike toegang tot van Suid-Afrika se beste wildparke, duikplekke, natuurreservate, gholfbane en ander besienswaardighede langs die kus.

Rook word nie in die huis toegelaat nie en troeteldiere is ongelukkig ook nie welkom nie.

Slaapplek

’n Bespreking by 5 La Mer sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir 5 La Mer
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Burger Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 58

Jaar gelys 10

Ligging

  • Ilovo-kusweg 27, Ilovo-strand, Kingsburgh, 4125, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 5 La Mer het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 695
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 695
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ilovo-kusweg 27, Ilovo-strand, Kingsburgh, 4125, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM0M2JkNWMwLWI5MWItNGRiNy1hMTU4LTgwODU1MzMzMDlmNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 695 per nag (plek vir 4) 8 5 1 5 27 Illovo Beach Road Illovo Beach 4125 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.115251813249 30.85091659259
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem