Ramsgate Beach Akkommodasie by Milton Lane Beach Club 5 | LekkeSlaap
+20

Milton Lane Beach Club 5

1 resensie
Selfsorg
Spesiale Aanbod

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Sep 2020 tot 1 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Milton Lane Beach Club, Milton Lane , Ramsgate, 4280, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R680 R453 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Milton Lane Beach Club 5 is 'n klein woonstelkompleks in Ramsgate 100 m van die see en getypoel af. Dis ook binne stapafstand van die restaurante en kroeë in die omgewing.

Die woonstel op die tweede verdieping het 'n lieflike strand en daar is see-uitsigte vanuit die en suite-badkamers en vanaf die balkon. Die lugtige oopplan-leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel met 'n platskerm-TV met DStv Premium. Die kombuis langsaan het 'n toonbank, stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien.

Die 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer - 1 met 'n stort en 1 met 'n bad. Daar is ook 'n driekwart-slaapbank in die leefarea. Linne word vir die beddens voorsien, maar gaste moet hulle eie beddegoed vir die slaapbank bring. Gaste moet ook hul eie bad- en swemhanddoeke saambring. Die eenheid word nie skoongemaak nie, tensy dit gereël word.

Die kompleks het 'n lieflike onderdakbraai-area en toegang is via elektriese hekke wat met afstandbeheerders werk. Die eenheid het 'n dubbelmotorhuis vir 'n voertuig met 'n waentjie of 2 kleiner voertuie.

Dis lekker naby Ramsgate se Blouvlagstrand met lewensredders en 'n strandmeer met trapbootjies en kano's wat gaste kan huur. Die gewilde Waffle House, Blue Lagoon Restaurant and Cocktail Deck, kunsvlytmarkies en seisoenale vermaak is ook naby.

Slaapplek

’n Bespreking by Milton Lane Beach Club 5 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Milton Lane Beach Club 5
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Milton Lane Beach Club, Milton Lane , Ramsgate, 4280, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Milton Lane Beach Club 5 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R680
Vanaf R453
per nag (plek vir 6)
was R680
Vanaf R453
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Milton Lane Beach Club, Milton Lane , Ramsgate, 4280, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfgqgUfh8siLMi0X8pS4Q07vVA3ScUHHebNrihWBaIXyTHgKji7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R680, nou Vanaf R453  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Milton Lane Beach Club Milton Lane 4280 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.89185639659 30.347624927647
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za