5 Seascape Lodge Uvongo

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

5 Seascape Lodge is in die gewilde vakansiedorp Uvongo geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesinsvakansie. Die eenheid is naby verskeie winkels, restaurante en 350 m van Uvongo se hoofstrand af.

Die eenheid op die grondvloer beskik oor 1,5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n gemaklike dubbelbed en daar is 'n aparte slaaparea met 'n enkel- en 'n stapelbed in die leefarea. Dit is ideaal vir 3 volwassenes en 2 kinders. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Verder het die eenheid oorgenoeg stoorplek en die hoofslaapkamer het 2 klerekaste.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV, DVD-speler en 'n DStv-koppelpunt (nie Explora of PVR nie). Gaste moet asseblief hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheerder saambring.

Die gemeenskaplike braai-area is baie naby die eenheid. Daar is ook 'n lieflike, skoon swembad op die perseel.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is streng verbode in die eenheid.

Slaapplek

'n Bespreking by 5 Seascape Lodge Uvongo sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 5 Seascape Lodge Uvongo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false