5 Sugar Crest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

5 Sugar Crest is 'n stylvolle dakwoonstel wat hoog op die kruin van die ryg beboste hoofduin geleë is. Dié ligging verseker 'n uitsig oor die Indiese-oseaan waar gaste heel moontlik walvisse, dolfyne en duikende seevoëls sal kan sien. Die brekende branders aan die kuslyn sal jou aan die slaap sus.

Die woonstel het 2 slaapkamers en 3 badkamers, en die ingangsportaal lei na 'n derde volledige slaapkamer. Die 2 hoofslaapkamers het beide 'n en suite-badkamer en lugversorging. Die voorste hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word indien vooraf gereël. Al die beddens beskik oor gehalte-katoenlinne. Die ruim oopplan-kombuis en lei na sit- en eetarea. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en beskik oor 'n yskas, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Gaste kan ook van die gasbraai op die oop stoep gebruik maak terwyl hulle die sterre of uitsig oor die see geniet. Onbeperkte WiFi en 'n slim TV met volle DStv is beskikbaar. Daar is lugversorging.

Neem asb. kennis dat dit 'n dakwoonstel is en die balkon baie hoog is. Daar is 'n Jacuzzi so kinders moet te alle tye dopgehou word. Die woonstel is reg op die strand en gaste kan binne 3 minute daarheen ry.

Gaste kan die Umdloti-strande besoek waar die swemareas deur lewensredders gepatrolleer word en haainette dié area beveilig. Daar is baie getypoele wat verken kan word en wat perfek is vir 'n familie-swemsessie. Umdloti bied 2 fynproewers-restaurante naamlik, Bel Punto en Mundo Vida. La Casa Nostra bied 'n tradisionele koffiehuis-styl en italiaanse kos ervaring. Die Sandbar restaurant bied 'n ontspanne sjiek-styl met skemerdrankies en lekker kos. Aan die informele kant word Tasca Pizza aanbeveel. Die Bush Tavern bied 'n vriendelike kroeg atmosfeer en Caffé Java is die plaaslike oop strand-styl koffiewinkel. Vir wegneemetes is Spud Fish and Chips en Steers ideaal. Umdloti het sy eie pas en is 'n regte klein dorpie met 'n kus-bekoring.

Slaapplek

'n Bespreking by 5 Sugar Crest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 5 Sugar Crest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 950 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false