5 Summer Rocks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

5 Summer Rocks is 'n pragtige drieslaapkamerwoonstel wat 'n hanetreetjie van Uvongostrand af is. Ons is so naby aan die see dat ons amper kan waarborg dat jy dolfyne of walvisse sal sien.

Die ruim selfsorg-eenheid bied slaapplek aan 6 gaste. Die eenheid het 3 slaapkamers, 3 volledige badkamers en 'n oopplan-sitarea en -kombuis wat vir selfsorg toegerus is. 'n TV met sekere DStv-kanale is in die sitkamer beskikbaar. Gaste geniet ook toegang tot die braaigeriewe en die swembad in die kompleks. Vir ekstra gemoedsrus voorsien ons onderdakparkeerplek.

Die eenheid word voor aankoms en na vertrek skoongemaak, maar nie gedurende gaste se verblyf nie. Gaste moet ook asb. hul eie handdoeke saambring.

5 Summer Rocks is weg van die hoof-verkeer, maar naby aan al die geriewe. Hier kan jy ontspan, mengeldrankies om die swembad geniet, of jou skoene uitskop op jou patio waar jy jouself in die ongelooflike see-uitsigte en die vars seelug kan verlustig. Die swemstrand en visvangplek is omtrent 150 m van die kompleks af.

Slaapplek

'n Bespreking by 5 Summer Rocks sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 5 Summer Rocks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 190 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false