5 The Grange

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

5 The Grange is 'n drieslaapkamer-woonstel op die eerste verdieping en het 'n balkon wat 'n uitsig oor Ballito se bekende Grannies Pool-strand bied. Hierdie swemstrand is ideaal vir kinders en die eenheid is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Dié woonstel is smaakvol versier en goed toegerus. Dit bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die ander twee slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Linne en beddegoed word voorsien vir die beddens, maar gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke en vadoeke saambring.

Die oopplan-eetarea en -sitkamer lei na 'n balkon met buitemeubels. Die eenheid het 'n premium DStv-pakket.

Die moderne kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, breekware en eetgerei vir 6 gaste toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser.

Die kompleks bied 'n swembad-area wat teen die wind beskut is en braaigeriewe. Daar is ook 'n toesluit-motorhuis vir 1 voertuig en ekstra parkeerplek vir besoekers.

Die kompleks het afstandbeheertoegang en die woonstel het diefwering.

Die woonstel is op die strandfront langs 'n promenade wat 3 km lank is, dit is ideaal vir rustige stappies langs die strand. Die woonstel is stapafstand van Ballito se hoofstrand af.

Slaapplek

'n Bespreking by 5 The Grange sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 5 The Grange gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R890 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false