Kaapstad Middestad Akkommodasie by 502 Flatrock | LekkeSlaap
+42

502 Flatrock

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitenstraat 8, 502 Flatrock, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 17
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

502 Flatrock is 'n selfsorgwoonstel in Kaapstad se middestad - 'n bedrywigheid met baie doendinge, sakegeriewe, kuierplekke en naglewe. Daar is 'n verskeidenheid koffiewinkels, restaurante, kroeë, nagklubs, teaters, museums, markies, winkelsentrums en hotelle en die middestad in die ideale basis waarvandaan jy die res van die Moederstad kan verken.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi word voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by 502 Flatrock sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Buitenstraat 8, 502 Flatrock, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitenstraat 8, 502 Flatrock, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 17
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAyvigsnio8pzaDT6ZpGWdNNclWLqMnY7s7xaT4YuARTzcaVocPP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 4) 8 Buiten Street 502 Flatrock 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.92556 18.41493
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za