6 On Horatio

Voeg by Gunstelinge

 

Naweekaanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vanaf 14 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

6 On Horatio is 'n selfsorgvakansiehuis in Simonstad. Dié huis het slaapplek vir 8 gaste en bied ononderbroke uitsigte oor die hawe, berge en see vanaf die dek.

Die ruim en smaakvol ingerigte drieverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die middelste verdieping beskik oor 'n TV-kamer en die slaapkamers. Die TV-kamer spog met met 'n groot, gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die hoofslaapkamer is met 'n koninggrootte-bed, 'n spieëltafel, bedliggies en ingeboude kaste ingerig. Daar is ook see-uitsigte vanaf die slaapkamer, sowel as die en suite-badkamer.

Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-bad en -stort. Die kamer het ook ingeboude kaste, 'n laaikas en bedliggies, sowel as berguitsigte vanaf die klein Juliet-balkon. Die derde slaapkamer is met 'n dubbelbed ingerig en die vierde slaapkamer met 2 enkelbeddens.

Dié 2 kamers het elkeen see-uitsigte, ingeboude kaste, laaikaste en bedliggies. Die oopplan-kombuis en -leefarea is op die grondverdieping geleë. Die kombuis beskik oor 'n stoof met 'n konveksie oond, 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, 'n yskas-vrieskas en 'n ontbythoekie.

Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n Jetmaster-kaggel en 'n HiFi-musiekstelsel. Die leefarea lei na 'n houtdek en onderdakpatio met 'n swembad, sonstoele, 'n buitetafel en -stoele en Weber-braaigeriewe, sowel as asemrowende berg- en see-uitsigte. Daar is ook 'n klein fynbostuin op die dek.

Slaapplek

'n Bespreking by 6 On Horatio sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 6 On Horatio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 600 R2 880 per nag (plek vir 8)

Kry 20% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vanaf 14 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za