6 Sea La Vie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

6 Sea La Vie is 'n gerieflike dubbelverdiepinghuis in die privaat woongebied Paradise Beach langs Club Mykonos in Langebaan.

Die leefarea en slaapkamers is op die eerste vloer. Die oopplan-leefarea lei na 'n beskutte kuier- en braaistoep. Die huis is sowat 200 m van die strand af.

6 Sea La Vie maak voorsiening vir 6 gaste en word verhuur vir selfsorg-akkommodasie. Die huis is toegerus met alles wat jy nodig het soos 'n skottelgoedwasser en volledige DStv. Linne en handdoeke word ook voorsien.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamers het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamers deel 'n badkamer.

Neem asb. kennis daarvan dat daar permanente inwoners op die grondvloer van hierdie dubbelverdiepinghuis woon.

Weens die droogte is wasmasjiene slegs beskikbaar aan gaste wat 'n minimum van 7 dae bespreek het.

Slaapplek

'n Bespreking by 6 Sea La Vie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 6 Sea La Vie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 267 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za