604 Nautica

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

604 Nautica is 'n selfsorgwoonstel op die Nautica-kompleks se sesde verdieping oorkant Dolfynstrand in Bloubergstrand. Die woonstel bied 'n lieflike uitsig op Tafelberg, die Atlantiese Oseaan en Robbeneiland wat vanaf die balkon sigbaar is. Walvisse kan in seisoentyd in Tafelbaai gewaar word en dolfyne is volop.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dié kamer het ook 'n uitsig op Tafelberg en oor die see. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 4, en die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en 'n braai-area. Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel en 'n wassery op die onderste verdieping met 2 groot wasmasjiene en tuimeldroërs.

Slaapplek

'n Bespreking by 604 Nautica sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Italiaans

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 604 Nautica gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R960 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za