Umdloti Akkommodasie by 606 Umdloti Resort | LekkeSlaap
+23

606 Umdloti Resort

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 685 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: South Beach-pad 1, Umdloti Resort, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

606 Umdloti Resort is 'n pragtige ateljeewoonstelletjie met 'n direkte see-aansig. Dié oopplan-eenheid het 'n dubbelbed met gehaltelinne, asook 'n badkamer, kombuis en leefarea wat na die balkon aan die voorkant lei. Die badkamer het 'n stort en die kombuis het 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas, ketel, broodrooster en wasmasjien. Die leefarea het sitplek en 'n groot TV met volledige DStv.

Umdloti is net 10 minute vanaf King Shaka Lughawe en dus ideaal vir gaste wat KwaZulu-Natal se strande, wildreservate, berge en kulturele erfenis kom verken. Dit is ook ideaal vir sakereisigers.

Die kompleks het 2 groot swembaddens, 'n kinderswembad en 'n kuierarea met braaigeriewe. Umdloti se strande word beveilig deur haainette en lewensredders. Daar is 'n rits getypoele om tydens laagwater te verken en die Umdloti Beach Tidal Pool-stelsel is net 'n entjie met die strand af.

Op die onderste verdieping is topklas-restaurante soos Bel Pungo en Mundo Vida. Gaste kan ook die gesellige kroeg-restaurant, The Bush Tavern, of Cafe Java, 'n koffiewinkel met 'n strandtema, besoek. Gaste wat wil kosmaak kan voorraad koop by die plaaslike slaghuis en deli, Farm to Fork, of by die Spar net 500 m af in die straat. Andersins het Spuds Fish and Chips en Steers ook lekker wegneemetes.

Umdloti is sentraal geleë naby talle besienswaardighede soos Sibaya Casino and Entertainment Kingdom, Gateway-winkelsentrum, Mount Edgecombe-gholfbaan, Zimbali-gholfbaan en Ballito.

Slaapplek

’n Bespreking by 606 Umdloti Resort sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 606 Umdloti Resort
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • South Beach-pad 1, Umdloti Resort, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 606 Umdloti Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 685
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 685
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 685
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: South Beach-pad 1, Umdloti Resort, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMSpINXjFbmpOvswLVdt86E7JZxI1lY5BXz2EA35wgyd4wQ9km0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 685  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 1 South Beach Road Umdloti Resort 4350 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.671114 31.11692617791
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za