LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 61 @ Felicia | LekkeSlaap
+31

61 @ Felicia

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Feliciastraat 61, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

61 @ Felicia is in die gewilde vakansiebestemming Langebaan geleë. Dit bied gehalteverblyf in 2 eenhede in 'n stil, luukse woonbuurt.

Eenheid 1 is 'n eenslaapkamerwoonstel met slaapplek vir tot 2 volwassenes en 2 klein kinders. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke is ingesluit, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring. Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg en die oopplan-leefarea beskik oor 'n slaapbank asook 'n TV met DStv. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Eenheid 2 is 'n eenslaapkamerwoonstel met slaapplek vir 2 volwassenes en ’n kinders. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n slaapbank en 'n TV met DStv. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi.

In eenheid 1 is daar 'n braai-area met 'n gedeeltelike see-uitsig op die voorstoep. Die voorstoep is toe met skuifdeure. In eenheid 2 is daar 'n braai-area wat toe is met skuifvensters. Eenheid 2 het 'n mooi uitsig oor die strandmeer. Die eenhede is in 'n rustige en gegoede buurt geleë en het 'n alarmstelsel. Gaste het ook toegang tot veilige skadunetparkeerplek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir 61 @ Felicia
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Feliciastraat 61, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink 61 @ Felicia het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Feliciastraat 61, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNlOGM2ZTY3LTBmMmItNDE4NS05OTFiLWVjZjhlZDEyODMzNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 61 Felicia Street Myburg Park 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.094063093244 18.046861765221
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!