61 Sandringham

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

61 Sandringham is ‘n lieflike selfsorgwoonstel in Mouillepunt met Franse vensters wat ‘n uitsig op Tafelberg, Duiwelspiek, Seinheuwel, Leeukop, die Metropolitan Gholfbaan en Kaapstad Stadion bied. Dis teen die kus en net ‘n entjie vanaf die V&A Waterfront, OZCF-markie, restaurante, deli’s en kruidenierswinkels in Kusweg.

Dié gerieflike woonstel het ‘n solderstyl-atmosfeer met sigbare dakbalke, outydse stoomkiste en groot spieëls. Hierdie oopplan-eenheid het slaapplek vir 2 met ‘n leefarea, kombuisie en slaaparea. Daar is ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak.

Die kombuisie is toegerus met ‘n stoof, oond, yskassie, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 3 en die sitarea het ‘n gemaklike rusbank en ‘n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook ‘n aparte kantoorarea met ‘n lessenaar, kantoorstoel en boekrak.

Die gebou bied sekuriteit, gemeenskaplike wasgoedgeriewe en dis op die MyCiTi-busroete. Parkeerplek is in die straat beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by 61 Sandringham sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 61 Sandringham gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za