62 Tuscany at Sea

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Kry 25% af. Geldig vanaf 29 Nov 2019 tot 13 Des 2019.

Beskrywing

62 Tuscany at Sea is in 'n sekuriteitskompleks in 'n stil area in Tergniet geleë. Die kompleks is net 250 m vanaf die strand en 10 km vanaf Glentana-strand geleë.

Dié dubbelverdiepingeenheid beskik oor 3 slaapkamers, 1 en 'n halwe badkamer, en 'n ruim sitarea. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n bad. Daar is ook 'n ekstra toilet op die onderste verdieping.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n dubbeldeuryskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en 'n oond. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n groot platskerm-TV met volledige DStv-kanale. Die leefarea bied toegang tot 'n patio met 'n ingeboude braai en uitsigte oor die see in die verte.

62 Tuscany at Sea is minder as 25 km van die George Lughawe en Mosselbaai af. Daar is wêreldklas-gholfbane, perdry, voetslaan, reksprong, 4x4- en vierwielmotorfiets-roetes in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by 62 Tuscany at Sea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 62 Tuscany At Sea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 R1 163 per nag (plek vir 6)

Kry 25% af. Geldig vanaf 29 Nov 2019 tot 13 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za