64 on Main B&B Albertinia

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

64 on Main B&B bied gerieflike akkommodasie in die pragtige Tuinroete-dorpie, Albertinia. Dit is 50 km vanaf Mosselbaai, 40 km vanaf Stilbaai en 29 km vanaf Gouritsmond. Dit is die ideale oorstopplek vir jou van Kaapstad na Port Elizabeth toe.

Die akkommodasie bestaan uit 'n tweeslaapkamerwoonstelletjie. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het twee dubbelbeddens. Daar is 'n volledige badkamer met 'n stort en bad. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolf, ketel, broodrooster en yskassie. Daar is nie 'n stoof nie. Albei kamers het 'n TV met DStv-toegang en lugversorging. Daar is ook 'n balkon en 'n gedeelde lapa met braai-area en plonspoel buite. Die boonste eenheid is in dieselfde huis as waarin ons bly. Ontbyt kan bedien word teen 'n ekstra koste.

Albertinia is geleë tussen die blou Langeberge in die noorde en die warm water van die Indiese Oseaan in die suide. Die omgewing is bekend vir die skoonheid van die plaaslike flora en fauna. Die streek se besienswaardighede sluit twee alwyn-fabrieke wat kosmetiese en gesondheidsprodukte produseer, die Big Five Garden Route Game Lodge en voëlkykbestemmings in.

As jy graag net lekker wil ontspan, of as jy 'n meer aktiewe vakansieganger is, is Albertinia die ideale bestemming vir jou.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 64 On Main B&B Albertinia gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za