66 Upper Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

66 Upper Park is 'n selfsorghuis op die westelike heuwel in Greyton, naby die ingang van die natuurreservaat. Verblyf is beskikbaar in die hoofhuis en 'n klein kothuis in die agtertuin wat tesame of apart bespreek kan word. Die eiendom bied fantastiese berg-uitsigte, goed-onderhoude tuine en 'n skadu vermaakarea.

Dié huis het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n badkamer langsaan met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n kaggel en 'n platskerm-TV.

Die kothuis het 'n slaapkamer en 2 enkelbeddens en is ideaal vir 2 ouer kinders. Die badkamer in die kothuis is toegerus met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie het 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 66 Upper Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za