Winklespruit Akkommodasie by 67 Eden Sands | LekkeSlaap
+17

67 Eden Sands

Selfsorg
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middeltonweg 42, Eden Sands 67, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

67 Eden Sands is in Winkelspruit aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié woonstel is op die tweede verdieping en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak. Elke kamer het 'n plafonwaaier. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitkamer het gemaklike banke en 'n 43 duim-TV met DStv. Daar is ook 'n toonbank met stoele waar gaste kan sit en eet.

Daar is gemeenskaplike braaigeriewe en 'n swembad waarvan gaste gebruik kan maak.

Veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig is op die perseel beskikbaar.

Winkelspruit se strand is die swemstrand en is 400 m van die woonstel af. Dié strand word beveilig deur haainette en daar is lewensredders aan diens tydens skoolvakansies. Daar is ook 'n getypoel wat ideaal is vir kinders.

Slaapplek

’n Bespreking by 67 Eden Sands sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 3 resensies vir 67 Eden Sands
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Middeltonweg 42, Eden Sands 67, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 67 Eden Sands het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middeltonweg 42, Eden Sands 67, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJ1Ucfy6SrUlB9icYubboS0XYp7nCaEFh5dX4F85efIcvslPw86?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 42 Middelton Road 67 Eden Sands 4145 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.099813155914 30.858508944511
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za