67 On Markus

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Mrt 2019 tot 3 Des 2019.

Beskrywing

67 On Markus bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n knus huis met slaapplek vir 6 tot 8 gaste in Lampiesbaai in Britanniabaai. Dit is naby die strand en net 20 minute se ry van Paternoster af.

Daar is slaapplek vir 4 gaste op die onderste verdieping. Daar is 'n oopplan-sitkamer met 'n TV met 'n USB-koppelpunt, asook 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, oondjie, broodrooster, ketel en outomatiese wasmasjien. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Buite is 'n braai-area.

Die boonste en onderste verdieping bied saam slaapplek vir 6 gaste. Op die boonste verdieping is 'n oopplan-leefarea en -eetarea, asook 'n kombuis met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Die hoofslaapkamer is ook bo en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n beskutte onthaalarea met 'n binnebraai. Daar is 'n TV met 'n USB-koppelpunt. DStv is nie beskikbaar nie.

Lampiesbaai is in die skiereiland, sowat 170 km vanaf Kaapstad en naby Britanniabaai met sy eindelose, ongerepte strande. Gaste kan heerlik stap deur die tuine en fietsry. En dan is die Weskus natuurlik ook bekend vir sy bekoorlike vissersdorpies, die Weskus Nasionale Park en sy asemrowende veldblomtapyt in die lente.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 67 On Markus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 225 R1 103 per nag (plek vir 8)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 11 Mrt 2019 tot 3 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za