680 Anne Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

680 Anne Cottage is 'n selfsorg-vakansiehuis in Pringlebaai, 'n prentjiemooi kusdorpie tussen Bettysbaai en Gordonsbaai in die Overberg in die Wes-Kaap. Pringlebaai vorm deel van die Kogelberg Biosfeer Reservaat teen die voet van Hangklipberg wat spog met wit strande en 'n oorvloed fauna en flora.

Die kothuis het slaapplek vir tot 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, leefarea en 'n ingeslote patio. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Linne word voorsien. Gaste moet hul eie strand- en badhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en die leefarea lei na 'n lieflike onderdak-stoeparea met stapeldeure wat oor die tuin uitkyk. Die stoep het braaigeriewe, 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n gemaklike bank.

Slaapplek

'n Bespreking by 680 Anne Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 680 Anne Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 413 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za