69 on Sunrise Guest House
Beskrywing
69 on Sunrise Guest House is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 4 gaste in Costa Da Gama en is net 300 m van die strand af.
Die woonstel is op die derde verdieping geleë en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. 'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar.
Gaste kan in die sitkamer voor die TV ontspan of die uitsig vanaf die balkon waardeer. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Parkeerplek is in die kompleks beskikbaar.
Muizenberg bied verskeie doendinge, soos branderplankry, voetslaan in die berg, stap op die historiese myl tussen Muizenberg en Kalkbaai, en die Masque Teater vir verskeie optredes.
Slaapplek
'n Bespreking by 69 on Sunrise Guest House sluit in:
1 x Dubbelbed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Badkamer
- Bad
- Stort
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Vermaak
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na 69 On Sunrise Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |