Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7 @ Vanderschyff

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

7 @ Vanderschyff bied verblyf in ruim woonstelle vir 5 gaste elk in Annlin, Pretoria. Verblyf is beskikbaar in 3 selfsorgeenhede.

7A @ Vanderschyff het 'n privaat ingang en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n enkel-uitvoubed. Die eenheid het 'n badkamer met 'n stort en toilet. Daar is ook 'n gerieflike dubbelslaapbank in die sitarea. Die eenheid is geskik vir n gesin van 5. Die kombuisie in die leefarea is met 'n mikrogolfoond, yskas, elektriese braaipan, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Dié eenheid is ideaal vir 'n gesin van 5.

7B @ Vanderschyff beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is nog 'n enkelbed vir 'n derde gas wat met 'n afskorting van die hoofbed geskei is. Daar is 'n gemaklike dubbelafslaanbed in die sitarea. Die eenheid het ook 'n volledige kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n ruim leef area met 'n sessitplek-sitkamerstel, asook 'n etenstafel met 6 stoele. Die eenheid het sy eie ingang en stoep met sitplek. Daar is 'n klein kluis vir waardevolle
items en die eenheid word met 'n alarmstelsel beveilig.

7C @ Vanderschyff beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat omskep kan word in 2 enkelbedens. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n toilet, wasbak, stort en bad. Daar is ook 'n enkelbed in die leefarea. Daar is n volledig toegeruste kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die oopplan-leefarea het ook 2 rusbanke en 'n etenstafel met 6 stoele. Verder het die eenheid sy eie ingang en 'n mooi tuintjie wat omhein is. Daar is ook n stoepie onderdak met 'n sitarea.

Veilige skadunet-parkeerplek is agter 'n sekuriteitsheining en -hekke beskikbaar. Rook word nie in die eenhede toegelaat nie.
Reel asseblief vooraf met ons indien daar meer as een voertuig of sleepwa betrokke is.

Die verblyf is naby Montana Hospitaal en Eugene Marais Hospitaal, en 6,3 km vanaf Steve Biko Hospitaal. Onderstepoort en Rosslyn, die Kolonnade- en die Wonderboom-winkelsentrum is ook nabygeleë. Die Wonderboom Lughawe is 6,6 km van die woonstel af en die Pretoria Nasionale Dieretuin is net 4,5 km ver. Die woonstel word ook maklik van die N1 af bereik.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 59 resensies vir 7 @ Vanderschyff
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Gaste dink 7 @ Vanderschyff het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnEpecMN8KSpTKqGWRtDwyGGDxxMzxj9O4VFumwrXjDchbrgW36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 5) 59 5 1 5 7 Van Der Schyff Street Annlin 0182 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.687417524037 28.194542148479