7 Edgar

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

7 Edgar is in die kusdorpie Melkbosstrand geleë, wat bekend is vir sy wit strand en 'n verskeidenheid restaurante. Die huis is net stapafstand van die strand af en is ideaal vir 'n gesin. Die ligging is baie sentraal, net 30 minute se ry vanaf die Waterfront in Kaapstad, wynplase, 'n natuurreservaat, staproetes, fietsryroetes en nog vele meer. Die strand is veral gewild vir branderplank- en seilplankry.

Dié selfsorghuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, 1 met 'n stort en 1 met 'n bad en 'n stort. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed, en beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware, asook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en skakel aan die eetarea met 'n etenstafel vir 8.

Daar is 'n onderdakpatio, 'n swembad, groot tuin en braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek in motorhuis met 'n afstandbeheer. Die huis het 2 TV's, DStv, onbeperkte WiFi en 24 uur-sekuriteit.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 7 Edgar gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za