7 Passes Tented Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Kry 25% af. Geldig vanaf 4 Mei 2020 tot 31 Aug 2020.

Beskrywing

7 Passes Tented Camp bied verblyf op die Mandalay Plaas in Woodville naby Wildernis. Dié kamp is langs die Sewepassepad tussen die Touws- en Dieprivierpas.

Verblyf is beskikbaar in 6 permatente teen die water. Elke tent het sy eie houtdek met 'n uitsig oor die dam en op die Outeniekwaberge.

Elke tent het slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Elke tent het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank of 'n stapelbed. Daar is 'n spa-bad met 'n stort bo-oor in die en suite-badkamers. Elektriese komberse, waaiers, verwarmers, linne en handdoeke word voorsien. Elke tent het ook 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die kamp het 24 uur-sekuriteit en 'n gemeenskaplike Afrika-boma met 'n onderdak-kombuis wat rondom die sentrale vuurput gebou is. Ontbyt is ingesluit.

7 Passes Tented Camp is naby die meeste besienswaardighede en doendinge in die Klein-Karoo. Gaan maak gerus 'n draai in Oudtshoorn, verken die Kangogrotte en besoek 'n volstruisplaas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 7 Passes Tented Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R675 per nag (vir 2 mense)

Kry 25% af. Geldig vanaf 4 Mei 2020 tot 31 Aug 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za