703 Bobby

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

703 Bobby is 'n ruim huis vir 7 gaste in Pringlebaai en is net 450 m van die strand af.

Dié multi-verdiepinghuis is ideaal vir 'n gesin of 3 paartjies en het 'n pragtige uitsig vanaf die voor- en agterkant van die huis.

Die kamers is op die grondverdieping en 1 van hulle het 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is 'n koningingrootte-bed in die sitarea op die eerste verdieping en 'n badkamer met 'n stort. Die toring word via trappe bereik en het 'n enkelbed.

Die leefarea op die grondverdieping het 'n kaggel en oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel en sitarea.

Die sitarea op die eerste verdieping lei na 'n balkon met meubels en 'n uitsig oor die omgewing. Daar is buitebraaigeriewe en die omheinde perseel het 'n grasperk vir kinders om op te speel. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Pringlebaai word omring deur verskeie fynbossoorte en voël- en dierspesies. Die baai bied swem- en snorkelgeleenthede en walvisse is tussen Junie en Desember hier te sien.

Slaapplek

'n Bespreking by 703 Bobby sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 703 Bobby gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za