77 Loader Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

77 Loader Street is stylvol gemeubileerd en 'n kontemporêre eiendom in 'n stil gedeelte van De Waterkant in Groenpunt, Kaapstad. Dié eenheid bied luukse slaapplek vir 4 gaste in 'n tweeslaapkamerwoonstel wat pragtig versier is.

Altwee slaapkamers is op die onderste vloer en het lugversorging. Die voorste slaapkamer het 'n deurstap-aantrekarea en 'n badkamer met 'n stort wat na 'n privaat binnehof lei. Die agterste slaapkamer kyk uit op die binnehof en het 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die hoofkuierarea is op die eerste vloer en word geskei deur trappe met 'n reling van glas en spog met reuse vensters met 'n uitsig oor die binnehof onder. Dit is modern ontwerp en het 'n eetkamerstel met sitplek vir 6 gaste, 'n volledige kombuis wat lei na die pragtige leefarea. Die leefare het skuifdeure wat lei na die gemeubileerde houtdek.

As 'n ekstra, en apart van die akkommodasietarief, bied ons ook gratis WiFi. wanneer dit beskikbaar is. Die eenheid word daagliks skoongemaak behalwe op openbare vakansiedae.

De Waterkant Village is naby al die groot besienswaardighede van Kaapstad. Besoekers kan die V&A Waterfront, Groentemarkplein en die KIKS te voet verken. Tafelberg, Kampsbaai en die wynlande is ook net 'n klein entjie se ry ver. Die Village Cafe is reg langs die ontvangs en is 'n lekker ontbytplekkie. Cape Quarter is die naaste winkelsentrum en net 3 minute se stap ver.

Slaapplek

'n Bespreking by 77 Loader Street sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 77 Loader Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za