7th Heaven Guesthouse
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 10:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 15:00 - Adres: Banketrylaan 636, Helderkruin, Johannesburg, 1724, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
7th Heaven Guesthouse is in die heuwels van Helderkruin, Roodepoort geleë en bied 'n onbelemmerde uitsig oor die Kloof-en-Dal-vallei en pragtige sonsondergange.
Die gastehuis bied verblyf in 6 gerieflik gemeubileerde kamers wat elkeen slaapplek vir 2 gaste het. Elke kamer is na 'n planeet in die sonnestelsel vernoem, het 'n privaat ingang, 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Elke kamer beskik oor 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware vir 2 gaste, en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. 'n Paar van die kamers het ook eetareas binne of op die stoep buite. Die kamers het ook elkeen 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n werkstasie en WiFi is beskikbaar. Rook is verbode in die kamers, maar 'n aangewese rookarea is beskikbaar.
Gaste kan op die stoep langs die swembad ontspan, 'n oog oophou vir die donkernaguil saans, 'n vleisie op die gasbraaigeriewe braai, of 'n rondte veerpyltjies speel. 'n Motorhuurdiens en veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.
7th Heaven Guesthouse is net 7 km van die Clearwater Mall af waar gaste die verskillende winkels en restaurante kan besoek, en 9 km van die pragtige Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin af.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Opsomming van Resensie
Ligging
- Banketrylaan 636, Helderkruin, Johannesburg, 1724, Gauteng
- Gaste dink 7th Heaven Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Kloofendal Wes-Rand Roodepoort Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 10:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 15:00 - Adres: Banketrylaan 636, Helderkruin, Johannesburg, 1724, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom