8 Abalone Place
Beskrywing
Abalone Place is in die skilderagtige dorpie Beachview, 25 km vanaf Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Dié ten volle toegeruste selfsorg-woonstel is ideaal vir 'n wegbreek by die see, hetsy in die week, oor 'n naweek of in die vakansie. Die woonstel is op die grondvloer en daar is nie ander gaste op die perseel nie.
Abalone Place is in 'n mooi tuin met 'n pragtige uitsig oor die see, en restaurante en winkels is etlike minute van ons af. Sandy Beach, 'n getypoel en 'n visvang-area is net 'n kort entjie se stap van hier af. Van hier af kan jy die tjokkabote dophou en die dolfyne sien baljaar.
Die woonstel het sy eie ingang en bestaan uit 2 slaapkamers, 'n sitkamer, eetkamer, kombuis en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die kombuis het 'n mikrogolf, yskas, vrieskas, tweeplaat-oond en alle nodige toebehore en breekware. Die sitkamer en hoofslaapkamer het DStv. Gaste het toegang tot die braai-area, tuin en dek met 'n pragtige uitsig oor die see. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Beddegoed en handdoeke word voorsien, en daar is 'n kluis en veilige parkeerplek op die perseel. Doendinge sluit rotsvisvang, branderplankry, wildkyk, voetslaan, voëlkyk, swem en veel meer in.
Ons is 5 km vanaf Maitland's Beach, 14 km vanaf Kragga Kama Wildreservaat, 36 km vanaf die lughawe, 16 km vanaf Sardinia Bay Gholfbaan, 34 km vanaf Board Walk Casino, 4 km vanaf restaurante en winkels, 55 km vanaf Jeffreysbaai en 12 km vanaf Sea View Leeupark.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Badkamer
- Aparte Toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Klein Kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Vermaak
- Boeke en Tydskrifte
- DVD
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na 8 Abalone Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |